gamka-admin

23 June 2026

Die Schiedmayer-klavier vind ’n tuiste in Prince Albert

’n Historiese Schiedmayer-vleuelklavier, met ’n merkwaardige internasionale erfenis wat oor meer as ’n eeu strek, het sy nuwe tuiste in die Prince Albert NG Kerk gevind. Sedert 2026 word hierdie besondere instrument vir kerkdienste en konserte gebruik, waar sy klank steeds gemeenskap, geskiedenis en musiek met mekaar verbind.
24 February 2026

Prince Albert Burgermeester

Die Munisipaliteit van Prince Albert het hul opregte gelukwense oorgedra na die sukses van die eerste Gamka Klassiek-fees. In ’n amptelike brief beskryf die Burgemeester die fees as inspirerend, professioneel aangebied en ’n ware viering van gemeenskap en klassieke musiek. Die betrokkenheid van plaaslike inwoners, kinders en kunstenaars het volgens haar ’n besonderse gemeenskapskarakter aan die fees gegee, en die munisipaliteit sien reeds uit na Gamka Klassiek 2026.
4 September 2025

Die Burger

Pieter Luttig beskryf sy ervaring van Gamka Klassiek as ’n voorreg – ’n fees vol wêreldklas kunstenaars, foutlose aanbiedings en musiek van uitsonderlike gehalte. Die verskeidenheid van venues, insluitend die statige NG kerk, het die fees verder verryk. Hy beklemtoon hoe feesgangers én plaaslike inwoners die koue Karoo-winter saam met warm musiekmomente gedeel het. ’n Unieke en stylvolle geleentheid wat hy aanbeveel niemand moet misloop nie.
4 September 2025

Kerkbode

Gamka Klassiek het gewys hoe ’n hele gemeenskap, insluitend die kerk, saamstaan om klassieke musiek op unieke wyse in die Karoo te vier. Die fees bring wêreldklas kunstenaars na Prins Albert, maar dis die opregte gasvryheid van die dorp wat dit uitsonderlik maak. Konserte in ikoniese ruimtes soos die NG Kerk word verruik deur warm gemeenskapsbetrokkenheid, en inisiatiewe soos werksessies vir kinders dra by tot langtermyn musiekwaardering. Gamka Klassiek is meer as net ’n musiekfees – dis ’n beweging van gemeenskap, inspirasie en kreatiewe samewerking.
4 September 2025

Ds Philip Scholtz

ek wil net weer dankie sê vir die voorreg om die Gamka Klassiek te kon bywoon. Bo en behalwe die gees- en sielverkwikkende ervaring van die musiek met wêreldklas musikante, is ek so diep dankbaar vir die steeds groeiende groei van hierdie inisiatief. Die Here seën julle!! Gamka Klassiek vlieg inderdaad.
4 September 2025

Feesganger

Thank you so much that you started Gamka Klassiek, and... Take 4! Really the best wine was reserved for the last!!! However, the singers were also top! Enjoyed them in both performances.
4 September 2025

Feesganger

Die naweek het Gamka Klassiek wêreldklas musiek en kunstenaars na Prince Albert gebring, gevul met onvergeetlike oomblikke en opregte musiekpassie. Elke vertoning het geborrel van liefde, talent en toewyding. Met dankbaarheid word erkenning gegee aan die span se harde werk en die indrukwekkende gehalte van uitvoering. Dit was ’n groot voorreg om by te woon en ’n trots om sulke uitsonderlike kunstenaars ons eie te noem.
4 September 2025

Feesganger

Dankie vir n kreatiewe ervaring met wereldklas kunstenaars by die Gamka Klassiek. Ek en Marianne het soos Feesfamilie gevoel met julle vriendelike ontvangs. Rus goed. Hoop om gou weer te sien. Hou asb onverdrote aan met jou goeie werk. Deon se onderspeelde bydrae het nie ongesiens verby gegaan nie. Sê vir hom ook baie geluk en dankie.
4 September 2025

Andre- Louise

Prince Albert het n heel ander betekenis en kleur vir my gekry na asemrowende musiek die afgelope naweek.