Prince Albert


 

Verblyf Opsies

Gamka Klassiek se hoof verblyfborg is die ikoniese Swartberg Hotel, waar al ons kunstenaars tydens die fees tuisgaan. Hierdie pragtige, historiese hotel in die hart van Prince Albert bied ‘n elegante en gerieflike blyplek vir feesgangers wat die volle ervaring van Gamka Klassiek wil geniet. Verder word ons ook ondersteun deur Onse Rus Guest House, De Bergkant Lodge en Yellow House, wat unieke en luukse verblyfopsies bied. Benewens ons borge is daar ‘n verskeidenheid ander akkommodasie-opsies beskikbaar – sien ons volledige lys om die perfekte blyplek vir jou feesnaweek te vind.

Gamka-swartberg-hotel

Swartberg Hotel

Kom ervaar 'n stukkie geskiedenis by die Swartberg Hotel! Geleë in die hart van die pragtige Prince Albert, bied hierdie ikoniese hotel veel meer as net 'n plek om te bly – dis jou toegang tot die asemrowende Karoo en 'n naghemel vol sterreprag.

www.swartberghotel.co.za | 023 541 1332 | reservations@swartberghotel.co. za
Gamka-Onse-rus2

Onse Rus Guest House

Omring jouself met die stilte – Die Groot Karoo voel soos die middel van nêrens, maar dit is die hart van alles. Prince Albert lê aan die voet van die majestueuse Swartberge, waar tyd stadig beweeg in die droë, vars Karoo-lug. Dis 'n plek van stilte, uitgestrekte ruimtes en 'n naghemel so vol sterre dat dit voel asof jy net kan uitreik en aan hulle raak…

www.onserus.co.za | 023 541 1380 | info@onserus.co.za
STILL_DE_BERGKANT_KAROO_ROOM_4-44

De Bergkant

Die De Bergkant Lodge is 'n pragtige Kaap-Hollandse opstal in die bekoorlike dorp Prince Albert, die tuiste van die majestueuse en wêreldbekende Swartbergpas. Die hotel is in die rustige Karoo geleë en bestaan uit vier suites en vyf dubbelkamers. 'n sauna, stoombad en twee groot swembaddens, alles op welige terrein. Die here huis is van 1858, 'n nasionale monument. Dit is stapafstand vanaf die rustige dorpiesentrum en is 'n troeteldiervriendelike hotel.

www.debergkant.com | 023 541 1088 | info@DeBergkant.com
Yellow House Photo

Yellow House

Yellow House bied 'n onvergeetlike plaaswegbreek in knus kothuise, geleë aan die suidekant van die Karoo-dorpie Prince Albert, aan die voet van die asemrowende Swartbergpas.

www.yellowhouse.co.za | 082 480 3725 | petro@yellowhouse.co.za

Verken die dorp

Prince Albert is ‘n kultuurryke Karoo-dorpie met ‘n ongeëwenaarde sjarme. Wandel deur die geskiedkundige strate en ontdek ‘n verskeidenheid unieke plaaslike winkeltjies, boetieks en galerye wat alles van handgemaakte kuns tot fynproewersprodukte bied. Kuier by een van die gesellige restaurante of koffiewinkels waar heerlike plaaslike disse en varsgebakte lekkernye jou smaak sintuie sal bederf. Besoek die dorp se ikoniese besienswaardighede, soos die Fransie Pienaar Museum, of neem ‘n wyn- en olyfolieproe-ervaring by een van die omliggende plase.

Vir ‘n volledige gids van alles wat Prince Albert bied, laai ons kaart af en begin jou eie ontdekkingsreis!