Program


 

Vrydag, 30 Mei

  • 9:00Klei Werkswinkel vir kinders

    Klein handjies, groot idees! Spesiaal ontwerp vir voorskoolse kinders. Onder die liefdevolle leiding van beeldende kunstenaar Maritza Breitenbach, ontdek jong kunstenaars die wêreld van beeldhou deur te voel, vorm en verbeel. ’n Vreugdevolle oggend vol pret, verbeelding en klein meesterwerke in wording.

    09:00 | PACT Youth Centre (slegs per uitnodiging)
  • 12:00Kinderkonsert

    Afrikaanse volksliedere vir jong stemme. ’n Sprankelende musiekervaring vir laerskoolkinders wat hul eie kultuurskatte leer ken en saam vier! Onder leiding van die bekroonde sopraan Lynelle Kenned, word geliefde Afrikaanse volksliedere op speelse en toeganklike wyse aangebied—’n musikale reis wat jong harte laat sing en voete laat trappel.

    12:00 | PACT Youth Centre (slegs per uitnodiging)
  • 16:30Feesopening met wyn en canapés

    Geniet 'n komplimentêre glas wyn met die toon van jou feeskaartjie – geldig vir die eerste 100 gaste! Die Swartberg Hotel berei spesiale versnaperingsborde voor wat saam met die wyn bedien word vanaf 16:30 – 19:00. Bespreek op Quicket

    16:30 | Swartberg Hotel
  • 19:00“Afrikaans is 100”

    ’n Eeufeesviering in lied en herinnering. Vier ’n honderd jaar van die Afrikaanse taal met ’n magiese aand vol musiek, herinnering en hartklop. Drie uitmuntende sangers — Lynelle Kenned, William Berger en Corneil Muller — bring hul stemme saam in ’n keur van bekende en geliefde Afrikaanse liedjies. Van die tydlose treffers van David Kramer en Laurika Rauch tot die diepgewortelde melodieë van FAK-liedere, word die ryk erfenis van Afrikaans op indrukwekkende wyse gevier. ’n Konsert wat emosie, nostalgie en trots in elke noot vasvang.

    19:00 | NG Kerk
  • 20:30Ontmoet die kunstenaars

    Kom skuur skouers met die kunstenaars! Ontmoet en groet en leer ken ons kunstenaars van beter. Kontantkroeg en pizzas beskikbaar.

    20:30 | Die Langhuis, Kerkstraat 43

Saterdag, 31 Mei

  • 11:00Rieldansers

    Die ritme van die Karoo leef in elke trap! Kom ervaar die vonkelende energie van die Prince Albert Vastrappers, ons eie kampioen rieldansers wat die tradisie van die riel met trots en passie laat herleef. Met sand wat spat, skoene wat klap, en harte wat saam bons, bring hulle die klanke en bewegings van die Karoo tot lewe in ’n vertoning wat jonk en oud sal betower.

    11:00 | Swartberg Hotel parkeerarea 🎟️ Gratis – bespreek by die hotel
  • 13:00Slegs Strykers

    ’n Ontmoeting tussen emosie en skoonheid. Laat jou meevoer deur die kragtige eenvoud van slegs vier instrumente – ’n strykkwartet wat twee uiteenlopende, maar ewe indrukwekkende komposisies tot lewe bring. Werke van Beethoven en Samuel Barber word met gevoel en finesse uitgevoer, met Barber se ikoniese Adagio for Strings as hoogtepunt – ’n werk wat diep emosie en tydlose skoonheid in elke noot vasvang. Hierdie uitvoering beloof ’n stil, roerende moment van refleksie en bewondering.

    13:00 | Royal Venue, Swartberg Hotel
  • 19:00Opera Gunstelinge

    ’n Aand van passie, drama en tydlose melodieë. Betree die wêreld van operagrootmeesters soos Mozart, Händel en Donizetti in hierdie betowerende program van geliefde opera-arias. Die indrukwekkende werke word vertolk deur drie uitmuntende sangers: sopraan Lynelle Kenned, bariton William Berger en sanger en tjellis Corneil Muller. Elke aria is ’n storie op sigself, ryk aan emosie en tegniese bravade. Die uitvoering word begelei deur ’n strykkwartet en klavier, wat ’n elegante, intieme atmosfeer skep. ’n Onvergeetlike aand vir enige musiekliefhebber.

Sondag, 1 Junie

  • 9:30Sondagoggend Kerkdiens

    Sondagoggend Kerkdiens ’n Heilige samekoms van woord en musiek Beleef ’n besonderse oggend waar strykinstrumente, klavier en sang saam met Ds Gert Victor ’n diep geestelike atmosfeer skep. Hierdie unieke diens verweef musiek en prediking op ’n roerende wyse wat geloof en kuns harmonieus laat ontmoet. ’n Stil, betekenisvolle begin van jou Sondag – almal is hartlik welkom.

    09:30 | NG Kerk
  • 11:30Koffiekonsert met Take Four Piano Quartet

    ’n Viering van vriendskap, finesse en meesleurende musiek. Geniet ’n laatoggend vol warmte en elegansie saam met die Take Four Piano Quartet – vier uitmuntende musikante wie se jarelange vriendskap weerspieël word in hul betowerende klank en unieke chemie op die verhoog. In hierdie koffiekonsert bring hulle werke van Johannes Brahms en Antonín Dvořák tot lewe in ’n uitvoering wat sowel tegniese vernuf as diep gevoel beliggaam. ‘n Ware fees vir die ore én die siel.

    11:30 | The Showroom

Kaartjie pryse

Gamka Klassiek Borge Logos-08
Gamka Klassiek Borge Logos-09
Gamka Klassiek Borge Logos-06
Gamka Klassiek Borge Logos-07
Gamka Klassiek Borge Logos-05
Gamka Klassiek Borge Logos-04
Gamka Klassiek Borge Logos-03
Gamka Klassiek Borge Logos-02
Gamka Klassiek Borge Logos-01