Program
Vrydag, 5 Junie
9:00 - 11:00Leesprogram, toneel en boektrommel
Klein lyfies, groot drome! Spesiaal ontwerp vir voorskoolse kinders. Onder die liefdevolle leiding van VVA aanbieders van die ATKV, ontdek jong kinders die wêreld van stories en toneel deur te luister, speel en te verbeel. ’n Vreugdevolle oggend vol pret, met ‘n gratis boekie uit die boektrommel vir elke kind.
09:00 | PACT Youth Centre (slegs per uitnodiging)12:00 - 13:00Kinderkonsert
Afrikaanse volksliedere vir jong stemme ’n Sprankelende musiekervaring vir laerskoolkinders wat hul eie kultuurskatte leer ken en saam vier! Onder leiding van die bekroonde soliste Magdalene Minnaar en William Berger en opkomende kunstenaars Chloë Loggerenberg en Ryan Hurst, word geliefde Afrikaanse volksliedere op speelse en toeganklike wyse aangebied—’n musikale reis wat jong harte laat sing en voete laat trippel.
12:00 | PACT Youth Centre (slegs per uitnodiging)16:00 | R260Feesopening met Langtafel
‘n Plesierige makietie met feestelike kos, marimba musiek en gesellige gaste wat ’n glasie klink! Die Langtafel word gedek in die straat voor die Swartberg Hotel. Gaste sal met hulle aankoms ’n komplimentêre glas wyn ontvang en kennis maak met die kustenaars, wat amptelik deur seremoniemeester Johan Rademan aan hulle voorgestel word.
16:00 | Langtafel voor Swartberg Hotel / R260 pp. Sluit ‘n glas wyn met aankoms in. (Nie deel van die naweekpakket nie – bespreek en betaal afsonderlik)19:00 / R175Afrikaans My Hart
Karoo in Klank: ’n Nostalgiese viering van die Afrikaanse taal ’n Magiese aand vol musiek en ritme van die Karoo. Twee uitmuntende sangers — Magdalene Minnaar en William Berger — bring hul stemme saam in ’n keur van bekende en geliefde Afrikaanse liedjies. Van die tydlose treffers van David Kramer en Laurika Rauch tot die diepgewortelde melodieë van Coenie de Villiers, word die ryk erfenis van Afrikaans op indrukwekkende wyse gevier. ’n Konsert wat emosie, nostalgie en trots in elke noot vasvang.
19:00 | NG Kerk
Saterdag, 6 Junie
07:00 | GratisPret Fietsrit
Ry saam met die kinders van Prince Albert! Alle belangstellendes welkom. Arno-on-his-bike neem alle fietsryers op ‘n roete van 2:30 saam met sy span van lokale jong fietsryers. Bring jou fiets saam en neem deel aan die jolyt!
07:00 | Lazy Lizzard 🎟️ Gratis08:00 - 12:00 | GratisPrince Albert Markie met Marimbas en Rieldansers
Die ritme van die Karoo leef in elke trap! Kom ervaar die vonkelende energie van die Prince Albert Vastrappers, Prince Albert se eie kampioen rieldansers wat die tradisie van die riel met trots en passie laat herleef. Met sand wat spat, skoene wat klap, en harte wat saam bons, bring hulle die klanke en bewegings van die Karoo tot lewe in ’n vertoning wat jonk en oud sal betower. Heerlike eetgoed en drankies beskikbaar. 10:00: Marimbas 11:00: Rieldansers
08:00 - 12:00 🎟️ Gratis13:00 | R95Fluit & Strykers
‘n Suiwer instrumentele ervaring wat die skoonheid van die fluit beklemtoon, vergesel deur ‘n strykkwartet Laat jou meevoer deur die kragtige eenvoud van slegs vyf instrumente – ’n strykkwartet wat drie uiteenlopende, maar ewe indrukwekkende komposisies tot lewe bring. Werke van Beethoven, Mozart en Boccherini word met gevoel en finesse uitgevoer. Hierdie uitvoering beloof ’n ervaring wat diep emosie en tydlose skoonheid in elke noot vasvang.
13:00 | Royal Venue, Swartberg Hotel19:00 | R175ATKV Gala Aand – Opera Gunstelinge
’n Aand van passie, drama en tydlose melodieë Betree die wêreld van operagrootmeesters soos Mozart, Händel en Donizetti in hierdie betowerende program van geliefde opera-arias en instrumentale gunstelinge. Ons talentvolle soliste gee lewe aan hierdie indrukwekkende werke met begeleiding deur ’n strykkwartet, fluit en klavier. Die hoogtepunt van die naweek!
19:00 | NG Kerk
Sondag, 7 Junie
9:30 | Sagte KollekteSondagoggend Kerkdiens
Sondagoggend Kerkdiens ’n Heilige samekoms van woord en musiek Beleef ’n besonderse oggend waar strykinstrumente, klavier en sang saam met Ds Gert Victor ’n diep geestelike atmosfeer skep. Hierdie unieke diens verweef musiek en prediking op ’n roerende wyse wat geloof en kuns harmonieus laat ontmoet. ’n Stil, betekenisvolle begin van jou Sondag – almal is hartlik welkom. 09:30 | NG Kerk11:30 | R160Koffiekonsert met Take Four Piano Quartet
’n Viering van vriendskap, finesse en meesleurende musiek – opgedra aan Rudolf Gouws Geniet ’n laatoggend vol warmte en elegansie saam met die Take Four Piano Quartet: vier uitmuntende musikante wie se jarelange vriendskap weerspieël word in hul harmonieuse klanke en unieke chemie op die verhoog. In hierdie koffiekonsert bring hulle werke van Johannes Brahms en Robert Schumann tot lewe in ’n uitvoering wat sowel tegniese vernuf as diep gevoel beliggaam. ‘n Ware fees vir die ore én die siel. 11:30 | The Showroom4 Konserte | R530Naweekpakket - Spesiale Aanbod
Bespreek en betaal vir al vier die konserte teen die afslagprys van R530 per persoon. Sluit nie die Feesopening met Langtafel in nie – bespreek en betaal afsonderlik.
Kaartjie pryse
Feesopening met Langtafel
5 Junie 2026
R260
Voor Swartberg Hotel | 16H30
Afrikaans my Hart
5 Junie 2026
R175
NG Kerk | 19H00
Fluit & Strykers
6 Junie 2026
R95
Royal Venue, Swartberg Hotel | 13H00
Opera Gunstelinge
6 Junie 2026
R175
NG Kerk | 19H00
Koffiekonsert met Take Four Piano Quartet
7 Junie 2026
R160
The Showroom Theatre | 11H30
Naweek Pakket
5 - 7 Junie 2026
R530
Sluit al 4 konserte in (Langtafel uitgesluit.)









