Liewe Tannie Elna🤗
Julle het die naweek die wêreld van musiek na Prins Albert toe gebring. Wêreldklas kunstenaars en onvergeetlike oomblikke! Wow, wow, wow! Julle liefde vir musiek het geborrel uit elke vertoning. Dit was só mooi gewees om te sien hoe lief julle is vir wat julle doen, en hoe briljant julle daarin is!
Dankie vir die moeite, energie en liefde wat julle ingesit het om van hierdie naweek 'n REUSE sukses te maak. Dankie vir alles wat julle van julself gegee het. Dit was 'n gróót voorreg om dit te kon bywoon, en 'n groter trots dat ons kan spog met sulke kunstenaars. 'n Groot dankie aan elkeen van julle. Mag die Here se seën rus oor julle en jul loopbane. ❤️