dae
ure
minute
sekondes
Gamka Klassiek 2026
’n Uitverkoopte begin vir Gamka Klassiek 2026 – In samewerking met Range Rover Stellenbosch
Gamka Klassiek 2026 het op ’n besondere hoë noot afgeskop met ’n uitverkoopte afskopkonsert by Range Rover Stellenbosch. Die aand was ’n viering van wêreldklas musiek, verfynde kunstenaarskap en ’n gehoor wat elke noot ingedrink het.
Hierdie intieme konsert het die perfekte voorsmakie gebied van wat feesgangers vanjaar in Prince Albert kan verwag – ’n naweek waar klank, kultuur en die unieke atmosfeer van die Karoo saamvloei in iets werklik besonders.
Met die momentum wat reeds gebou is, is dit duidelik: Gamka Klassiek 2026 is nie ’n geleentheid om uit te stel nie.
🎟️ Kaartjies verkoop vinnig – verseker jou plek betyds om teleurstelling te voorkom.
Vir diegene wat hul naweek wil voltooi, beveel ons aan dat jy ook vroegtydig jou verblyf bespreek. Ons verblyfvennote in Prince Albert bied ’n verskeidenheid stylvolle en gasvrye opsies om jou feeservaring volledig te maak.









