4 September 2025
Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van Kultuur by die ATKV, bedank die Gamka Klassiek-span vir ’n suksesvolle musiekfees en benadruk die waarde van klassiekemusiek as ’n bron van inspirasie, gemeenskapsbou en kreatiwiteit. Hy stel voor dat toekomstige programme jong musici van instellings soos US en UCT insluit, moontlik met hulp van die Kaapstad Opera. Die ATKV stel ook belang in die uitbreiding van gemeenskapsontwikkelingsprojekte, soortgelyk aan die kinder-musiekwaarderingsprojek van vanjaar. Die ATKV vertrou die 2026-program in die bekwame hande van Elna van der Merwe en haar span, en sien uit na verdere samewerking.
