2025 Gamka Klassiek Terugblik
8 August 2025Andre- Louise
4 September 2025Beste Leoné
Baie dankie vir die geleentheid om deel van ʼn wonderlike klassiekemusiek ervaring te wees. Klassiekemusiek is fundamenteel tot ons bestaan. Dit verryk en inspireer ons, dit bevorder kreatiwiteit en verenig gemeenskappe. Presies dit wat die Gamka Klassiek fees vanjaar met groot sukses reggekry het. Ek glo en vertrou dat die ATKV se ondersteuning aan die Gamka Klassiek fees gehelp het om die verskillende voordele wat klassiekemusiek oor die algemeen inhou, te beklemtoon.
Die ATKV laat die 2026 programsamestelling in die bekwame hande van die Gamka Klassiekspan en artistieke direkteur, Elna van der Merwe, oor. Julle het inderdaad vanjaar beïndruk!
Net ʼn paar gedagtes om te oorweeg.
Deur die ondersteuning van Gamka Klassiek en ander klassiekemusiekfeeste streef die ATKV daarna om eerstens vir jong musici ʼn platform te gee om hul talente uit te leef, maar meer nog om in elkeen wat ʼn passie vir klassiekemusiek het, te belê. Dit sal wonderlik wees as ons BMus-studente van die US of UCT kan insluit by die galakonsert. Ons kan ook Kaapstad Opera nader. Die ATKV help graag daarmee.
Vir die ATKV is dit verder belangrik dat daar altyd ʼn gemeenskapontwikkelingsprojek en program vir jongmense moet wees. Presies dit wat julle reggekry het met die musiekwaarderingsprojek vir kinders wat aangebied is. Op dié manier het julle verseker dat jongmense op ʼn prettige manier blootstelling aan klassiekemusiek kry. Ons moet egter koppe bymekaarsit om die gemeenskapaanbod uit te brei en volhoubaar aan te bied. ʼn Gesprek wat ons by vanjaar se Woordfees kan voer.
Weereens dankie en geluk met ʼn puik fees. Ons maak weer so!
Vriendelike groete
Gerrie Lemmer
Uitvoerende hoof: Kultuur
